Polisie spreek hom uit oor dwelmhandel

In die Erongo streek is gesinne dakloos en in nood gelaat laat Saterdagmiddag nadat daar in Walvisbaai ‘n brand aangemeld is wat vinnig versprei het.  Die brand het in Kuisebmond plaasgevind, met ‘n totaal van 12 hutte wat afgebrand het. Die oorsaak van die brand is onbekend en drie slagoffers, ‘n ma en twee kinders, het ligte brandwonde opgedoen. In ander nuus ook vanuit die Erongo streek het die polisie op ‘n huis toegeslaan wat vermoedelik as handelspunt gebruik word vir dwelms.’n 21-jarige Namibiese man en 28-jarige Namibiese vrou, is gearresteer vir die verkoop en besit van dagga.  Die Namibiese polisie het homself sterk uitgespreek oor hierdie tipe gedrag en gesê hulle sal als in hul vermoeë doen om handel in dwelms stop te sit.