Hou op met woefiejoga

Die minister van Landbou in Nederland, Piet Adema, oorweeg ‘n verbod op sogenaamde “woefiejoga” waar deelnemers baba hondjies tydens oefensessies gebruik. Hy sê die diere ly. Woefiejoga kombineer tradisionele joga met wollerige hondjies en is baie gewild sedert dit enkele maande gelede in Nederland bekendgestel is, veral in Amsterdam. Adema is gekant teen die idee en sê die diere word dikwels wakker gemaak om in oefensessies gebruik word en talle honde toon tekens van stres.