Thomas Miller wen NWR halfmarathon
Namibia Wildlife Resorts se derde jaarlikse halfmarathon by die Gross Barmen-oord is deur Thomas Miller gewen in ‘n tyd van 1 uur, 15 minute en 58 sekondes. Les Trollop was tweede in 1 uur, 17 minute. Die damesafdeling is gewen deur Marion Schonecke in 1 uur, 41 minute 54, met Drey-Andra van der Merwe in die tweede plek in 1 uur, 42 minute 34 sekondes. Die fondse wat gegenereer word, word gebruik om skoolskoene aan te skaf vir leerders in die Kavango-Oos en Ohangwena-streke. Kosmos 94.1 se Jean-Louis Knouwds het met Thomas Miller gesels.