So kan entrepreneurs handelskoue suksesvol benut

Die Namibië Kamer van Koophandel en Nywerheid het die publiek genooi om aansoek te doen vir ‘n stalletjie of om die jaarlikse Swakopmund Internasionale Handelsekspo, SWAiTEX, by te woon. Dit vind van 1 tot 6 Julie in die kusdorp plaas. Plaaslike en internasionale handel-uitstallings en -skoue word gereeld in Namibië aangebied. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, oor hoe klein besighede en entrepreneurs sulke ekspo’s korrek kan benut.