Namibië, Tanzanië smee hegter handelsbande

Namibië en Tanzanië ondersoek meer geleenthede in handel en belegging tussen die twee lande. Hulle het hierdie week ‘n sake- en beleggingsforum in Windhoek aangebied. Namibië en Tanzanië deel ‘n sterk geskiedenis wat terugdateer na die bevrydingstryd, waar Tanzanië Namibië bygestaan ​​het om sy onafhanklikheid te bereik. Namibië voer tans meestal mielies, rys, groente en sement vanaf Tanzanië af in. Uitvoere na Tanzanië is egter baie laag. Francois van Schalkwyk, die Namibië Beleggingsbevordering en -ontwikkelingsraad se uitvoerende direkteur van belegging en nuwe ondernemings, het by die forum gepraat.