Mike Tyson-Jake Paul geveg uitgestel
Boks: Die langverwagte geveg in Texas tussen die gewese wêreldkampioen, Mike Tyson, en die YouTuber wat bokser geword het, Jake Paul, is uitgestel. Dit volg nadat Tyson weens ʼn chroniese maagsweer nie kon oefen nie. Die 57-jarige bokser wat in 2005 uit beroepsboks getree het met ʼn 50-6-rekord as gewese, onbestrede swaargewigkampioen, sê hy sal binnekort weer volstoom oefen. Die 27-jarige Paul het nege van sy tien gevegte gewen. ʼn Nuwe datum sal later die maand aangekondig word.