Bulle benoem onveranderde 23 teen Haaie

Rugby: Die Bulle het ‘n onveranderde span behou vir hulle kragmeting vandag teen die Haaie in Durban in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die 23 spelers het die spanne van Ospreys en Benetton albei met groot tellings ore aangesit. Daar is slegs ‘n posisionele verandering met Johan Grobbelaar wat op haker by Akker van der Merwe oorneem. Die veelsydige agterspeler, Sebastian de Klerk, begin op die bank en sê hulle gaan hou by hulle aanvallende benadering.