Besprekingswebblad Ticketmaster gekraak vir losprys

Die Amerikaanse webblad vir kaartjiebesprekings, Ticketmaster, bevestig hy ondersoek ‘n dataskending. Dit is nadat ‘n groep bekend as die ShinyHunters beweer hulle het toegang verkry tot die inligting van 560-miljoen kliënte. Die berugte krakerbende het volgens ‘n skermskoot wat wyd op sosiale media gedeel is, bewys van die skending op die donkerweb gepubliseer. Die groep eis ‘n losprys van meer as 9 miljoen Namibiese dollar. Ticketmaster is in Kalifornië gesetel en bedryf een van die wêreld se grootste platforms vir kaartjieverkope.