Riruako verwelkom Volksmoord-herdenkingsdag
Reaksie op die aankondiging van die Volksmoord-herdenkingsdag stroom steeds in. Die Nama Tradisionele Leiersvereniging en Ovaherero Tradisionele Owerheid is gekant teen die datum vir die herdenkingsdag, 28 Mei. Maar daar is verdeeldheid hieroor onder die Ovaherero- en Nama-leiers. Die leier van ‘n faksie van die OvaHerero Tradisionele Owerheid, dr. Hoze Riruako, verwelkom die kabinet se besluit.