Man steek verbygaander met kombuismes dood
‘n 23-jarige verdagte is in Henties gearresteer nadat hy na bewering ‘n man met ‘n kombuismes doodgesteek het. Volgens die polisieverslag het drie mans om 3-uur vanoggend in Anton Lubowskistraat in Omdel-township gesit en drink toe ‘n man na hulle aangestap gekom het. Een van die drie mans het opgestaan, die mes uitgehaal en gedreig om hom te steek. Die ander twee mans het hom gevra om die man uit te los. Die verdagte het glo skielik die man in die linker-nek gesteek en die slagaar afgesny. Die man het dood neergeval. Hy is geïdentifiseer as die 25-jarige Graham Horst Werner Fleermuys. Sy naasbestaandes is in kennis gestel.