Gewese ANC-LP se korrupsiesaak uitgestel
Die Hooggeregshof in Johannesburg het die korrupsiesaak teen die gewese ANC-LP Vincent Smith tot 30 Julie uitgestel. Dit is sodat hy sy reëlings kan tref vir die betaling van sy regskoste. ‘n Datum vir sy verhoor moet ook bepaal word wanneer hy einde Julie weer in die hof is. ‘n Woordvoerder vir die ondersoekdirektoraat, Henry Mamothame, sê Smith word aangekla van die oortreding van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede.