Reaksie op Moody’s se opgradering van Namibiese vooruitsigteMay 24, 2024
In die jongste kabinetsbesluite wat deur adjunkminister van inligting Modestus Amutse aangekondig is, het die kabinet kennis geneem van Moody’s se opgradering van die vooruitsigte vir Namibië van stabiel na positief, en die bevestiging van die land se B1 soewereine kredietgradering. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, oor wat dit vir die land beteken.