Benin blokkeer Niger se ru-olie uitvoere
Niger se premier, Ali Mahaman Lamine Zeine, sê Benin se blokkade van die land se olie-uitvoere oortree handelsooreenkomste tussen die twee lande en met Niger se Chinese vennote. Dit stel ook olie-uitvoer ooreenkomste met China in gevaar. Benin het vandeesweek ru-olie aflewerings uit Niger aan skepe in sy hawe blokkeer. Dit was in reaksie op Niger wat sy grens met Benin gedeeltelik gesluit het om veiligheidsredes. Zeine sê daar is basisse in Benin waar terroriste opgelei word om sy land te destabiliseer.