Rooikaart van 20 minute in toetse kry teenkanting
Rugby: Frankryk, Engeland en Ierland is volgens berigte gekant teen Wêreldrugby en Sanzaar se planne om amptelik ʼn rooi kaart van 20 minute in toetsrugby in te stel. SA Rugby ondersteun die voorstel. Dit word sedert 2020 in Super Rugby gebruik, waar ʼn span toegelaat word om ʼn speler met ʼn rooi kaart teen hom na 20 minute te vervang. Vyf-en-sewentig-persent van die raad sal ten gunste daarvan moet stem voordat Sanzaar die reël kan instel. Dit sal deel wees van vanjaar se Rugbykampioenskap.