Nabta wil taxi-rit pryse opstoot

Die brandstofpryse gaan weer styg in Mei, op die hakke van ‘n groot verhoging in April. Petrol styg met 70 sent ‘n liter en beide variante van diesel met 40 sent ‘n liter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Pendapala Nakathingo, die Bus- en Taxivereniging van Namibië, Nabta, se sekretaris-generaal, wat sê dat dit pynvol is. Nakathingo sê hulle het weer die vervoer-ministerie genader vir ‘n verhoging van 15 Namibiese dollar in ritpryse.