Politici verpak inligting verkeerd, reik nie uit na jeug nieMarch 22, 2024

Namibiërs stem in November en almal praat oor die jeug se apatie maar niemand spreek dit aan nie. Partye, en die regering is grootliks skuldig hieraan, gebruik nie die korrekte kanale nie. Dit is volgens die jeugleier en lid van die kinderparlement Rivaldo Kavanga. Hy sê die politieke boodskap word nie korrek uitgestuur nie.