Adjunkminister wen baanbreker-eerMarch 10, 2024

Die adjunk-toerismeminister, Heather Sibungo, is as een van die top-30 vroulike baanbrekers in Afrika-toerisme aangewys. Die eer het haar Vrydag, op internasionale vrouedag, te beurt geval toe die Afrika Toerismeraad en Pyne Hospitality Company die aankondiging gemaak het. Romeo Muyunda, die ministerie–woordvoerder, sê die ministerie is geëerd om met so ‘n leier geassosieer te word.