Droë Gobabis gaan water begin rantsoeneer

Die inwoners van Gobabis sal nou die impak van die waterskaarste aan den lywe begin voel, wanneer waterrantsoenering op 8 April ingestel word. Volgens die laaste damverslag staan die Ooste se waterbronne op net 3,4 persent, met die Otjiverodam op 4,5 persent. Die munisipaliteit en NamWater sê hulle het geen ander keuse gehad as om die watertoevoer te beheer nie, tot verdere kennisgewing. Die watertoevoer sal in die aande vanaf 9 uur tot 4 uur die volgende oggend afgesluit word.