Sall sê hy gee gehoor aan hofbeslissing oor verkiesing
Die Senegalese president Macky Sall sê hy sal ten volle hou by ‘n hofbeslissing wat die uitstel van die presidensiële verkiesing tot Desember as ongrondwetlik verklaar het, en het onderneem om konsultasies te hou om die verkiesing so gou moontlik te reël. Die aankondiging kom na gewelddadige betogings in die land wat tot verskeie sterftes gelei het.