SSC doen inspeksies by boere, besighedeFebruary 16, 2024

Boere en werkgewers in die Omaheke- en Otjozondjupa-streke word daaraan herinner dat die Maatskaplike Voorsorgkommissie vanaf 18 tot 24 Februarie besoek op plase en werksplekke sal aflê om nakoming van die nodige wetgewing te verseker. Die registrasie van werkers, korrekte betalings en die indiening van loonopgawes en meer sal onder die loep kom. Die beamptes sal tussen agt-uur en vyf-uur besoek aflê.