Sommige damme kry goeie inloop, ander glad nie

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar net 21,8 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Von Bach is op 12,3 persent na water van Swakoppoort, wat op 43,1 persent staan, oorgedra is. Omatako, wat leeg was, is 1,2 persent vol na ‘n inloop van 529-duisend kubieke meter. In die Suide is Hardap op 16,3 persent met net meer as 1,2 miljoen kubieke meter wat in die afgelope sewe dae benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 44 persent na ‘n inloop van 745-duisend kubieke meter, en die Oanobdam by Rehoboth het 45,2 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 3,6 persent met die Otjiverodam op 5,2 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 13,2 en 7,8 persent. Die Olushandjadam in die Noorde gepomp is tans op 43,4 persent met ‘n inloop van net meer as 2 miljoen kubieke meter in die afgelope week.