Brande: Noodtoestand in Chili
ʼn Noodtoestand is in Chili afgekondig terwyl minstens 99 mense dood is in bosbrande in die Viña del Mar– en Valparaiso-streke. Sowat 200 mense word vermis. Volgens die nasionale rampvoorkoming- en reaksiediens, is daar 161 aktiewe brande wat landwyd woed. Ongeveer agt-duisend hektaar woude en stedelike gebiede het reeds afgebrand. Valparaiso se goewerneur, Rodrigo Mundaca, sê sommige brande is moontlik doelbewus gestig. Dis vermoedelik Chili se dodelikste bosbrand tot op hede.