Strafpuntstelsel vir verkeersoortredings word uitgestel
Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die besluit om die instelling van fase twee van die Wysigingswet op Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe, oftewel AARTO, uit te stel. Dit sou vandag ingestel word. Die party het die wet deurgaans gekritiseer omdat dit inbreuk maak op padgebruikers se regte op administratiewe geregtigheid. Die DA-lid, Derrick America, voer aan die wet stel boete-invordering bo padveiligheid. Hy voeg by die vertraging dui op ‘n gebrek aan gereedheid om die gebrekkige stelsel in te stel.