Bibi eis ontbinding van UNRWA

Amnestie Internasionaal sê dis skokkend en onmenslik dat verskeie skenkerlande befondsing aan die Verenigde Nasies se hulp- en werke-agentskap in Gaza gestaak het. Minstens 11 lande het hulle bydraes tydelik opgeskort ná bewerings dat 12 van die agentskap se personeellede betrokke was by Hamas se dodelike aanval op Israel verlede jaar. Amnestie Internasionaal sê in plaas daarvan om noodsaaklike befondsing aan behoeftiges te staak, moet lande eerder die oordrag van wapens aan Israel en gewapende Palestyne groepe staak en aandring op ʼn onmiddellike en volgehoue skietstaking. Die Israelse premier Benjamin Netanyahu sê die agentskap moet ontbind word.