Ombudsman nooi Amushelelo uit

Die sosiale geregtigheid-aktivis Michael Amushelelo het onlangs gesê die ombudsman het die magte om die Namibiese Polisiemag of enige staatsorgane onafhanklik te ondersoek. Hy wil egter net sy salaris kry, en daarom vervul hy nie sy mandaat nie. Die kantoor van die ombudsman sê dat hulle oop is vir kritiek van die publiek, aangesien die kantoor ‘n openbare instelling is, maar hulle het geen rekord van ‘n saak wat Amushelelo sê hy aan hulle gerapporteer het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die ombudsman, Basilius Dyakugha, wat sê die kantoor is oop vir alle burgers wat ondersoeke benodig oor kwessies rakende menseregte, wanadministrasie in die openbare sektor en die omgewing.