Vermomde Isreali-vegters vermoor militante in hospitaalJanuary 30, 2024

Israeliese vegters, vermom as mediese werkers en Moslemvroue, het by ‘n hospitaal in die besette Wesoewer ingebars en drie Palestynse militante vermoor, waarvan een verlam in die bed gelê het. Die Israeliese weermag sê dit was ‘n gesamentlike operasie deur die weermag, Shin Bet-veiligheidsdiens en grenspolisie in die Ibn Sina-hospitaal in Jenin. Dit het een van die mans geïdentifiseer as Mohammad Walid Jalamna, ‘n Hamas-lid wat volgens die mag ‘n aanval beplan het. Die ander twee, die broers Basel Al-Ghazzawi en Mohammad Al-Ghazzawi, het ook mediese behandeling ontvang.