Nigerië looi juntas wat Ecowas verlaat

Nigerië sê die “onverkose” militêre owerhede in Niger, Mali en Burkina Faso laat hul mense in die steek met hul gesamentlike besluit om Ecowas te verlaat. Nigerië, wat die huidige voorsitter van die politieke en ekonomiese blok is, het vir die eerste keer kommentaar gelewer op die drie junta-geleide lande se aankondiging dat hulle onmiddellik die byna 50 jaar oue streeksalliansie verlaat. Die Nigeriese ministerie van buitelandse sake het in ‘n verklaring gesê diegene wat Ecowas wil verlaat, tree nie in goeie trou op nie.