Marokko reg vir Bafana in Afcon
Sokker: Die laaste twee plekke in die kwarteindronde van die Afrikabeker-toernooi is vanaand op die spel wanneer die laaste kragmetings in die ronde van 16 afgehandel word. Mali pak eers vir Burkina Faso, en dan volg die reuse kragmeting tussen Bafana Bafana en Marokko. Die Suid-Afrikaanse span is vol spelers wat die baie suksesvolle Mamelodi Sundowns verteenwoordig. Marokko se afrigter, Walid Reragui, sê dit sal hulle baie selfvertroue gee as hulle kan voortbou op vorige vertonings.