Is dit koebaai aan Hello-skyfies?January 30, 2024

In ‘n video wat wyd gedeel word op sosiale media, word daar melding gemaak van Hello-aartappelskyfies wat blykbaar baie fyn glas bevat. Die handelsmerk het ook die nuus in Suid-Afrika gehaal. Aktivis Michael Amushelelo sê hy het self daarna gekyk en dit wil so voorkom.

Die gesondheidsministerie sê die kwessie geniet sy aandag en ondersoek word ingestel. Woordvoerder van die ministerie, Walters Kamaya het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.