Informele nedersettings, en onwettige verbindings groei saam
Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê hy is bekommerd oor plakkerskampe se groot aantal onwettige verbindings aan die metro se waterstelsels wat tot ongereëlde watervoorsiening lei. Die burgemeester het gister ʼn verrassingsinspeksie by die stad se waterinfrastruktuur in Mamelodi uitgevoer. Brink sê onwettige verbindings beteken selfs betalende verbruikers se krane raak droog en dit is onaanvaarbaar: