Grootkopmiere in Oos-Afrika ontwrig eet-gewoontes van die Afrika-leeu
Die verspreiding van grootkopmiere in Oos-Afrika ontwrig glo die lewe van die Afrika-leeu en dwing die dier nou om minder sebras dood te maak en ander prooi te jag.
Die teenwoordigheid van die insekte by die Ol Pejeta-bewarea in Kenia het die landskap van die gebied verander, wat plante en diere dwarsdeur die ekosisteem beïnvloed.
Volgens ‘n studie het grootkopmiere – vermoedelik inheems aan Mauritius, maar wat oor ‘n groot deel van die subtropiese en tropiese wêreld versprei het – “gelei tot verhoogde herbivorie deur olifante en uiteindelik ‘n verskuiwing in leeu prooi spesies van sebras na buffel,” by die reservaat.
‘n Span navorsers van die Universiteit van Florida het die impak van die “klein indringers” op die natuurlewebewaringsgebied in Laikipia County opgespoor deur versteekte kameras, satelliet-gekoppelde leeuhalsbande en statistiese modellering te gebruik.
“Hierdie klein indringers trek kripties aan die bande wat ’n Afrika ekosisteem saambind, en bepaal wie geëet word en waar,” sê professor Todd Palmer, ’n mede-outeur van die studie.
Foto: Verskaf