DA verwerp verslag oor Julie 2021-onlusteJanuary 30, 2024
Die DA verwerp die verslag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie oor die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie 2021, en betwis die gevolgtrekking dat daar geen bewyse is wat dit verbind met oudpresident Jacob Zuma se gevangeneming nie. Die verslag is krities oor die staat se futlose reaksie en bestuur, asook die gebrek aan aanspreeklikheid. Die party is steeds besorg oor die doeltreffendheid van die sekerheidsektor en vra ʼn nasionale sekerheidstrategie. Dianne Kohler Barnard van die DA stel voor ondersoeke moet aan ondersoekers toevertrou word wat besliste gevolgtrekkings kan maak.