Toiletgraffiti uitstalling
Toiletgraffiti is dalk die wêreld se mees ondergewaardeerde kunsvorm, maar dit is op die punt om te verander danksy ‘n uitstalling in die ooste van Londen.
Kunstenaar Karma Khazi (en ons sal ons nek uitsteek deur te sê ons dink nie dit is sy doopnaam nie) het binne net vyf dae op ‘n epiese 250 kroeg-kuiertog in Londen rondgegaan en foto’s geneem van die dinge wat mense op toilet hokkies se deure krabbel.
Die uitstalling bestaan uit byna 100 kunswerke wat geïnspireer is deur die graffiti wat hy ontdek het, insluitend herverbeelde kroegtekens, tradisionele skilderye en loodglasvensters. Die middelpunt is ‘n enkele, swart deur met 63 van die ‘vreemdste, snaaksste en mees gedagteprikkelende krabbels’ wat hy in Londen ontdek het. Die program bevat ook ‘n kortfilm wat oor die projek gemaak is, sowel as ‘n spesiale klankbaan. Boonop word besoekers aan die gratis vertoning in die ware gees genooi om ‘n pen op te tel en hul eie boodskappe, tekeninge en slagspreuke agter te laat.
Foto: Londonist