Proteas kolwer Hamsa wil geleenthede benut

Krieket: Die Proteas-toetsgroep is in Nieu-Seeland vir ʼn reeks van twee toetse maar die meeste van die voorste spelers is nie daar nie. Die reeks bots met die SA20, wat beteken die meeste van afrigter Shukri Conrad se eerstekeuse spelers wat by die toernooi betrokke is, kon nie saamreis nie. Gevolglik is daar net sewe spelers met toetservaring in die vyftiental, terwyl die nuweling-kaptein, Neil Brand, ook sy debuut sal maak. Die Proteas se opwarmingswedstryd begin Maandag voor die reeks op die vierde van volgende maand afskop. Die kolwer Zubayr Hamsa wil die geleentheid ten volle benut.