Eensame kameelperd se reis na warmer weer
’n Eensame kameelperd het ’n 40-uur lange padreis na ’n nuwe tuiste begin – op soek na warmer weer en dalk ’n maat.
Jaloesie het Benito verlede jaar gedwing om ‘n dieretuin in die Mexikaanse staat Sinaloa te verlaat, en hy is na ‘n park naby die Amerikaanse grens met temperature van so laag as 9 grade Celsius verskuif.
Kampvegters het gevra dat die vier-jarige na ‘n meer gepaste omgewing verskuif moet word – en nou sal ‘n spesiaal ontwerpte houer hom na ‘n safaripark sowat 145 kilometer weg vervoer.
Goedgesindes het “ons is lief vir jou Benito” geskree toe hy sy reis begin het.
Foto: Verskaf