Spieëls in badkamers hou leerlinge uit klaskamer…

’n Skool in Noord-Carolina het spieëls uit alle badkamers verwyder omdat studente gereeld lang pouses neem om sosiale media-video’s voor die spieël in die badkamer te gaan maak.  

In ‘n omsentbrief aan ouers skryf die skool dat leerlinge die badkamer drie tot vier keer per dag besoek, vir vyf minute en langer.  Dit het tot nege keer per dag toegeneem. 

Sedert die spieëls verwyder is, het die skool ‘n drastiese afname gesien in studente wat versoek om verskoon te word om badkamer toe te gaan. 

Foto: Verskaf

Die skool het hierdie benadering gekies in plaas daarvan om selefone van studente weg te neem, aangesien sommige ouers wil hê hul kinders moet hul toestelle om veiligheidsredes by hulle hou. 

Van die onderwysers gee ook opdragte aan leerlinge wat vereis dat hulle selfone moet gebruik om dit te voltooi. Die skool wil ook nie selfone net konfiskeer nie, om skoliere te leer om hulle toestelle verantwoordelik te gebruik. Die skool maak ook gebruik van ‘n in- en uitkolkstelsel. So leerlinge moet wanneer hulle die klas verlaat, uitklok, en by die volgende lokaal weer inklok. Dit stel die skool in staat om te alle tye te weet waar die leerling op die skoolgronde is en is noodsaaklik vir die leerlinge se veiligheid, en om hulle aanspreeklik te hou.