Konstruksiebedryf sê min bouplanne weerspieël swak ekonomie
Daar was 141 goedgekeurde bouplanne vir Windhoek in November verlede jaar, wat 38 minder was as in Oktober, sê IJG Sekuriteite. Die planne was 79,4 miljoen Namibiese dollar werd, ‘n hele 73,6 persent minder as die 300,5 miljoen dollar wat in Oktober aangeteken is. Sedert die begin van die jaar is 1 770 bouplanne, ter waarde van 1,41 miljard dollar goedgekeur. Dit is amper 25 persent laer as in dieselfde periode van 2022 en 17 persent laer in monetêre waarde. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bärbel Kirchner, hoof uitvoerende beampte van die Konstruksiebedryf-federasie, wat op die berigte reageer.