Damme word leër, Hardap wek kommer

Daar is net 22,2 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is Von Bach op 13 persent na water van Swakoppoort, wat op 44,4 persent staan, oorgedra is. Omatako is leeg. In die Suide is Hardap op 17,3 persent met 2,3 miljoen kubieke meter wat in die afgelope week benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 43,7 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 45,9 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 3,8 persent met die Otjiverodam op 5,2 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 15,2 en 8 persent. Water word nog steeds in die Olushandjadam in die Noorde gepomp en op die oomblik is hy op 40,7 persent.