Landdros nie gereed vir uitspraak in Noa-verkragtingsaak
Die verkragtingsaak van die leerlingdokter, Dennis Noa, is in die Windhoek-streekshof uitgestel tot Maandag vir uitspraak. Landdros Victor Nyazo het aangedui hy is nog nie gereed om uitspraak te lewer nie. Noa word daarvan beskuldig dat hy op 11 April 2021 ‘n 18-jarige manlike breinbeseerde pasiënt verkrag het. Hy ontken die klagtes. Plaaslike media het ‘n week gelede berig dat Benny Classen, wat vermoedelik Noa se slagoffer was, dood is. Noa is vry op borg van 10 000 Namibiese dollar wat in Julie 2021 toegestaan is.