Dlamini-Zuma se aftrede geen verrassing nie
Die politieke ontleder Zamo Mbandlwa sê die aftrede-aankondiging van die ANC-parlementslid, Nkosazana Dlamini-Zuma, is nie ‘n verrassing nie. Dlamini-Zuma dien sedert 1994 in die parlement, in verskeie kabinetsposisies onder vyf presidente. Sy was ook voorsitter van die Afrika Unie-kommissie. Mbandlwa sê terwyl die redes en haar planne na aftrede onbekend is, is dit waarskynlik dat Dlamini-Zuma mik na ‘n standhoudende nalatenskap: