Twee vas vir N$930 500 se daggaJanuary 9, 2024

Die Engelse dagblad The Namibian berig dat twee Kongolese mans Maandag in Otjomuise gearresteer is in besit van dwelms ter waarde van 930 500 Namibiese dollar. Die twee, 37 en 40 jaar oud, se voertuig is volgens die berigte deursoek en amper 19 kilogram se dagga is gevind. Daar word verwag dat die twee vandag in die landdroshof in Katutura sal verskyn. Die landdroshof wou nie besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus verskaf nie maar het bevestig dat twee mans wel ingebring is van Otjomuise en wel vandag sal verskyn. Verrigtinge by die hof net nog nie begin nie.