‘Blade is al ewig in die sop’January 8, 2024

Die Activists and Citizens Forum sê die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, word altyd betrek by korrupsiebewerings en sy naam duik altyd op. Die forum sê Nzimande speel altyd die rol van slagoffer, maar hy moenie die intelligensie van die land se mense onderskat nie. Hy doen ʼn beroep op die minister om uit sy pos te bedank. Die Activists and Citizens Forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê as dit nie gebeur nie, moet president Cyril Ramaphosa hom afdank: