Belê ten minste in hernubare energie, Weste: Alweendo

Namibië se myne- en energie-minister, Tom Alweendo, het ‘n duidelike oproep aan Westerse nasies gerig om hul skerp teenkanting teen beleggings in fossielbrandstowwe in Afrika te heroorweeg. Hy sê hulle moet hulle beursies oopmaak as hulle glo dat hernubare energie die enigste roete na ekonomiese groei vir die vasteland is, volgens Upstream Online. ’n Toenemende aantal Westerse finansiële instellings weier om fossielbrandstofskemas in Afrika te finansier, wat die vasteland se behoefte aan ekonomiese groei en sekuriteit in gevaar stel. Veel meer finansiering word egter ook benodig om hernubare energie-bronne op die been te bring.