Doen introspeksie, leef rustiger hierdie KersfeesDecember 24, 2023
Namibiërs is besig om reg te maak vir hul Kersfees, veral die Duitse gemeenskap wat tradisioneel vanaand op Oukersaand hul Kersfees vier. Alle inwoners word aangemoedig om ‘n veilige en geseënde dag te geniet. Oudminister Pendukeni Iivula-Ithana het ‘n Kersboodskap aan Namibiërs gerig. Sy sê christen of nie-christen, mense moet introspeksie doen en die lewe rustiger vat.