Droogtehulp blykbaar nie oral regverdig versprei nieDecember 19, 2023

Oudminister Pendukeni Iivula-Ithana, wat naby Omuthiya in die noorde boer, sê die gebied tot op hede baie min reën ontvang en is uiters droog. Sy sê huishoudings in haar omgewing het nog nie ‘n druppel droogtehulp ontvang nie, al is dit broodnodig, veral vir die bestaansboere in die gebied. Sy het ook aan Kosmos 94.1 Nuus melding gemaak van die moontlike onregverdige verspreiding van droogtehulp.