Beurtkrag knou kos-aflewering
Die aanlyn platform in die buurland om etes te bestel en te laat aflewer, Uber Eats, erken beurtkrag het ʼn beduidende invloed op die aflewering van kos. Die bedryfshoof vir Uber Eats in sub-Sahara-Afrika, Charles Mhango, wys op die uitdagings vir restaurante en afleweraars weens verbindingsprobleme as gevolg van Eskom se afwisselende kragonderbrekings. Volgens Mhango kyk Uber Eats deurentyd na oplossings om kleiner restaurante wat nie oor rugsteunkrag beskik nie by te staan, om ʼn gladde proses tydens beurtkrag te verseker.