Vier verantwoordelik fees, vra LUR

Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, doen ‘n beroep op mense om hierdie feestyd verantwoordelik deel te neem aan byeenkomste en feestelikhede. Baie mense maak gereed vir stokvel-byeenkomste hierdie naweek waar hulle die opbrengs van hul jaar-lange spaargeld gaan deel. Die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, sê hierdie en ander bedrywighede sal die gebruik van alkohol veroorsaak en dit sal waarskynlik lei tot meer sake van bestuur onder die invloed.