NamPol bevorderings ‘goed vir polisie’
NamPol is besig met ‘n reeks bevorderings van duisende lede tot verskeie range. Altesaam 4 682 lede is ‘n paar dae gelede deur inspekteur-generaal Joseph Shikongo bevorder, tydens die eerste fase van die bevordering. Dit is opgevolg deur die bevordering van 460 lede in die Oshana-streek, en ook in Rundu, en daar gaan nog wees. Die vraag het onder die publiek ontstaan of dit dalk ‘n voor-verkiesing foefie is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Imms Nashinge, die woordvoerder van die Independents Patriot for Change, wat van mening is dat die bevorderings belangrik is.