Staatskaping ‘vier hoogty in Nelson Mandelabaai’December 7, 2023

Die DA in die Oos-Kaap sê staatskaping het nuwe hoogtes bereik in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit onder die burgemeester, Gary van Niekerk, en sy koalisieregering. Dit volg ná die metro se weiering om opdragte van die minister van finansies, Enoch Godongwana, oor die Mandelabaai-ontwikkelingsagentskap in te stel. Die DA-lid, Andrew Whitfield, sê meer as drie maande het verloop sedert die besluit om die raad van die agentskap te ontbind en regstappe gedoen is om die aanstelling van sy uitvoerende hoof, Anele Qaba, tersyde te stel.