SA-kiesers kan so registreerDecember 7, 2023
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het die tweede en finale registrasienaweek vir die nasionale en provinsiale verkiesing van 2024 aangekondig. Die land se 23 296 kieslokale sal op 3 en 4 Februarie vanaf 8 tot 5 oop wees. Tydens die eerste registrasienaweek in November is 568 374 nuwe kiesers geregistreer. Suid-Afrikaners in die buiteland kan vanaf 26 tot 28 Januarie registreer by diplomatieke sendings of aanlyn by die selfregistrasieportaal. Kiesersregistrasie by korrektiewe sentrums sal vanaf 30 Januarie tot 1 Februarie plaasvind.